Skryf nou in vir SA se top wyn- en brandewynlouere

Iodsa presents veritas top performers
June 11, 2015
Veritas vier 25 jaar van uitnemendheid met opwindende wynpryse
August 17, 2015
Iodsa presents veritas top performers
June 11, 2015
Veritas vier 25 jaar van uitnemendheid met opwindende wynpryse
August 17, 2015

Skryf nou in vir SA se top wyn- en brandewynlouere

0ebeffbd-2922-451a-bdb1-d94816a8a21aGroot afwagting heers vir die 2015 Veritas Toekennings, Suid-Afrika se voorste wyn- en brandewynkompetisie. Inskrywings sluit op 25 Augustus, en laat inskrywings sal tot 2 September aanvaar word.

Vanjaar se kompetisie gedenk ‘n merkwaardige mylpaal. Veritas vier 25 jaar as Suid-Afrika se grootste en mees invloedryke wynskou. Die Veritas embleem van uitnemendheid, wat op die wenprodukte pryk, geniet die agting van beide die verbruiker en die mark as ‘n betroubare simbool van kwaliteit. Die Veritas Toekennings het in 1991 as bedryfsinisiatief ontstaan om aan die verbruiker riglyne te verskaf oor kwaliteitwyne wat gebottel en markgereed is.

Die omvattende en streng beoordelingsproses vorm ‘n integrale deel van die gerespekteerde reputasie van die kompetisie. Top internasionale en plaaslike beoordelaars sal die medalje-aanspraakmakers vanaf 18-23 September evalueer.

Die wenwyne en -brandewyne sal by die glansryke Veritas gala-ete bekend gemaak word op 9 Oktober by die KIKS – ‘n jaarlikse hoogtepunt op die wynbedryfkalender.

Na afloop van die aankondiging van die uitslae sal die 2015 Veritas dubbelgoud en goudwenners aan die handel en verbruikers bekend gestel word by landswye publieke proeë.

Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za.

Vir meer inligting kontak Anka du Toit by die Veritas kantoor op tel 021 863 1599, e-pos admin@veritas.co.za of besoek www.veritas.co.za.

Bly in verbinding met die Veritas Toekennings op sosiale media.  Volg Veritas op Facebook, Twitter en Google+. Gebruik die hutsmerk #Veritas en neem deel aan die gesprek.

EINDE

Uitgereik deur:
Marlene Truter Communications
Tel:   083 294 6060
E-pos:  marlene@marlenetruter.co.za
Webtuiste:  www.marlenetruter.co.za

Namens:
Veritas Toekennings
Tel:  021 863 1599
E-pos: admin@veritas.co.za
Webtuiste:  www.veritas.co.za