Woordfees Fynproewerfees

Veritas Young wine writer
December 8, 2015
VERITAS ENTRIES OPEN
June 15, 2016

Woordfees Fynproewerfees

Wynkaas-664x750

Fynproewers word genooi om tydens die Woordfees nader te staan vir ‘n kos-en-wyn ervaring sonder weerga.

Glanssjef Bertus Basson van Overture en Spice Route restaurant faam sal ‘n intieme gehoor trakteer op proesessies met beleë Fairview kase en Merino lamsboud uit vier verskillende streke.

Die bekende Kaapse Wynmeester en Veritas vise-voorsitter, Bennie Howard, sal die perfekte Veritas-bekroonde wit en rooi wyne as pasmaats by hierdie geleenthede skink.

Altesaam vier sessies word  in samewerking met Agri-Expo aangebied. Die kaas-en-witwyn proesessies vind plaas op Sondag 6 Maart en Saterdag 12 Maart. Die lamsboud-en-rooiwyn proeë word op Vrydag 4 en Sondag 13 Maart gehou. Al vier die geleenthede begin om 13:00 by Die Khaya in Ryneveldstraat Stellenbosch.

‘n Beperkte getal kaartjies is teen R160 per persoon by Computicket beskibaar.

Besoek die Veritas webtuiste by www.veritas.co.za of volg ons op Facebook, Twitter en Google+ om op hoogte van sake te bly.

EINDE

Uitgereik deur Marlene Truter Communications
Kontak: Marlene Truter
Sel:      083 294 6060
marlene@marlenetruter.co.za

Namens Veritas Toekennings
Kontak: Bennie Howard
Sel: 082 551 5545

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *