Veritas vier 25 jaar van uitnemendheid met opwindende wynpryse

17 August 2015

bbc8e5d8-86e8-478d-ac50-a700b91608e7Die Veritas-toekennings, Suid-Afrika se toonaangewende wyn- en brandewynkompetisie, vier vanjaar 25 jaar van uitnemendheid in die plaaslike bedryf.

Die Veritas-embleem, wat op die wenprodukte pryk, geniet die agting van die verbruiker en die mark as ‘n betroubare aanduiding van kwaliteit. Die Veritas-toekennings is in 1991 as ‘n bedryfsinisiatief gestig om aan die verbruiker riglyne te bied oor die kwaliteit van gebottelde markklaarwyne.

Ter viering van hierdie reuse mylpaal, bied Veritas wynentoesiaste die rare geleentheid om een van verskeie 12 bottel-wynkiste te wen, wat ‘n versameling van die beste Veritas goud- en dubbelgoud-wenwyne insluit.

Om in aanmerking te kom vir hierdie besondere prys, e-pos eenvoudig jou naam en kontakbesonderhede na [email protected]. Wenners sal lukraak deur ‘n maandelikse gelukkige trekking gekies word en op Facebook en Twitter bekend gemaak word.

Bly in verbinding met die Veritas-toekennings op sosiale media.  Volg hulle op Facebook, Twitter en Google+. Gebruik die hutsmerk #Veritas25 en neem deel aan die gesprek.

Uitgereik deur:
Marlene Truter Communications
Tel:   083 294 6060
E-pos:  [email protected]
Webtuiste:  www.marlenetruter.co.za

 

Namens
Veritas-toekennings
Tel:  021 863 1599
E-pos: [email protected]
Webtuiste:  www.veritas.co.za

More Articles